top of page

First Year's Concert 2022

King-Candy looking so sweet-he's got me craving

Ons het almal ‘n Sugar Rush gehad na ons die eerste jaars konsert gekyk het! Wat ‘n fantastiese opvoering wat die trots deur ons are laat vloei het.

Bietjie Laud het ons almal verbaas met wat die wonderlike span reg gekry het met die groot hoeveelheid beperkinge wat daarop gestel was en die moeilike omstandighede. Die backdrops was fantasties en het by verre uitgestaan, die verwers se deurnag werk het definitief afbetaal.

Die eerstejaars het ons asems weggeblaas en drie eerstejaars het hulle ervaring met ons gedeel.

Zandri Ferreira vertel dat dit ‘n baie lekker, maar uitputtende ervaring was. “Daar was baie stress weens die langure se oefen daaraan gekoppel, maar ook pret met al die nuwe mense wat jy ontmoet het gepaard met al die lag.” ‘n Memory wat altyd met haar sal bly is die karakters se lyne wat inside jokes geword het, soos ‘Hin hin vriendin’.

“Die band het regtig vinnig in my hart ingekryp en dit was ‘n lekker geleentheid om mense in Laureus te leer ken na R&O. My coaches was absoluut GREAT, want waar ek nie eens bass kitaar kon speel nie het hulle my gelee ren hulle sien net soveel potensiaal in mens raak.” deel Tanja Kruger oor haar ervaring. Sy gaan die vinnige KFC-runs mis en hoe die band op Glaskas se musiek uitgerock het in haar karretjie. Vir haar was dit die agter raak in haar modules die moeite werd en sys al dit enige tyd weer doen.

Die memory wat altyd by Danielle Verwoerd gaan bly is toe hulle die tradisie voor die optrede gedoen het wat bestaan uit opgewonde Wag-‘n-Bietjie dames en ‘n bottle OBS en toe hulle na die tyd in die Kalfyn gespring het. “Die eerstejaarskonsert was een van my hoogtepunte in Wag-‘n-Bietjie sover! Ek sal altyd die vriendskappe wat ek uit hierdie ervaring gebou het Koester.” Dit was vir haar en die res ongelooflik lekker en ‘n besige tyd wat sy enige dag weer sal doen.

Nicola se boodskap aan almal: “Aan elke persoon wat deel was van die 3 deurnag sessies, die oor en oor oefen, stemme wat hees geword het, koffie en kos aandra, AANPASBAARHEID en elke druppel entoesiasme, DANKIE DANKIE DANKIE. Julle het my uit my skoene uit gebless! Letterlik niks sou moontlik gewees het sonder julle nie!”

‘n Onvergeetlike Sugar Rush konsert

Petro Janse van Rensburg

bottom of page